Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Margaret Cordier

OM ‘N DUIF SE VLERK TE SPAN.

Deur Datum gepubliseer: 14 Junie 2019 1

Ek het myself in jou verbond
beteken, aan tafels
kom sit
en eet.
Kerk
verseël in bloed en agt
keer my verbind
aan jou
morsaf
vlerk.

Bid,
dat jy kan vlieg
en heel
moontlik
kom sit
in die olyfboom
en sy vrug
sal pluk.

MCDb.

BOSORKES IN MIKROKOSMOS

Deur Datum gepubliseer: 28 Mei 2019 1

Hoor hoe tjippertjirrr
van die sysies in die bos,
Hulle soek na kos
voor hulle woerrr woerrr weer,
die lug in op.

Rooibokke snork en snak
na asem
al langs die kobbel-kabbel
van ‘n waterstroom se wasem.

Veraf die dreuning van dromme se dawer
as swartwitpens pote skuifskuur
tussen takke en blare.

Met een opswaai van die stok,
het ‘n visarend a-simetries
die…

DIE HELER.

Deur Datum gepubliseer: 27 Mei 2019 2

Omdat U neerbuigende goedheid
innig warm in tederheid ontvou
kon U my in hierdie koue nag,
dieper onder U hart in vou.

Omdat U ontklee, in géseling gehoon
wreedheid gely het van ‘n wêreldse verloën,
trek U my nader teen U bors,
en uit gesweepte sielsfonteine
stroom die lewende water
vir my dors.

Omdat U die trane ken
van elke…

*JUBAL HET MUSIEK GEBRING.

Deur Datum gepubliseer: 24 Mei 2019 2

God het geweet
ons is van klank gemaak,
die skeppingspols
wat deur stof en lewe kraak.

God het geweet
geen mens kan daarsonder nie:

Jubal het opgestaan in Moab
onder seuns, as vader van musiek.
en met fluit en sitersnaar

by tente in die woestyn
sy lied aan die hemel wyd verklaar –
tot ‘n allegro jubalatum-simfonie.

El Jubal – die…

WINTERBERG.

Deur Datum gepubliseer: 24 Mei 2019 2

Om jou slape klim daagliks witter,
oor jou kruin verweerd die grys.
Teen jou voet het die oggend dou
plek-plek nou, in rypnaalde verkou.

So hopeloos van korte duur
was sy in gloei-oranjé geel –
knus koesterend in jul innig uur,
kon jy jou ‘n ewigheid verbeel.

Weemoedig waai die wind vaarwel.
Herfs is begrawe, getroue metgesel.
In diep…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 107 gaste aanlyn

Bydrae Totale