Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Margaret Cordier

MY HART

Deur Datum gepubliseer: 21 Junie 2019 1

Vanoggend was ek my oë
met die water uit jou kom
loop nou langs riviere van jare se onthou…
Talm eers aan die oewers
van jou mond se stom.

Jou woorde is verminkte voëls,
flaminke soekend na die son.

MCDb

Eerste publikasie LITNET.

AS ARGEOLOOG VAN DIE VERLEDE

Deur Datum gepubliseer: 21 Junie 2019 1

AS ARGEOLOOG VAN DIE VERLEDE

borsel my oë oor die landskap van gister.
Lagie op lagie word gevee
tussen strate, duine en die see.

My mond mymer, hou boek —
versamel los skerwe van ‘onthou’.
Ek maak sin uit die stukke
wat ek op my terugblik bou.

Op die sif lê die gronde
van my redes,
stukkies van my…

MY *TWANKA LIEFDE.

Deur Datum gepubliseer: 20 Junie 2019 1

ek loop handlangs bo-oor jou vel,
verkluim onder minder son
terwyl ek jou ervaar in jou asem
en iewers in jou hande
die maan kan vashou
met my oë.

‘n trop wilde perde ry my gedagtes
uit oor jou vlaktes,
en versamel dan
om die drinkwater van jou liefde.

ek en jy sal te voet
berglangs na stiller plekke gaan,
saam…

TWYFEL

Deur Datum gepubliseer: 14 Junie 2019 1

Om in eenwording en ontwording eie aan jou aard,
nie ná of van die son te draai nie,
sal jy bang in jou sirkelgang
deur dag en nag eweninge,
jou op twyfel verlaat.

MCDb.

LEWE IN PAPIER

Deur Datum gepubliseer: 14 Junie 2019 Hou van

wanneer water leivore loop
voel ek my eens weer klein
in ‘n skippie van papier
wat geluidloos vaar
verby piramides my stuur

en verlangend na dae vol
geil beloftes van môres
wat seilspan teen die wind

waai geure heerlikhede
sintuiglik gelaai en smake
in bekers oorlopens vol

gepak in musiek klankkaste
staan stories bokse vol
boeke vir my gemaak

is ek maar nog…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 75 gaste aanlyn

Bydrae Totale