Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Margaret Cordier

NAMA-NAG ( tanka)

Deur Datum gepubliseer: 23 Junie 2019 Hou van

met heimwee vanaand,
gryp my siel na jou toe terug
— waar kokers een-een
oor die vlaktes eindloos waak,
onder sterbeglinsterd lug.

MCDb.

DIE LEWE IS ‘N WERKLIKHEID

Deur Datum gepubliseer: 22 Junie 2019 1

‘n ware woestyn met nomade
ewig soekend na brood en water.

ons gaan waarlik van sand tot sand
oor duine en dale soos dronkaards
sywaarts, afwaarts en opwaarts.

MCDb.

HIERDIE WINTER

Deur Datum gepubliseer: 22 Junie 2019 Hou van

verlang ek vroeg reeds
na jou somer
waar jy half kaal
uitgestrek lê in veld en vlaktes
en lafenis later latent
oor jou sal uitspan —
jy dan opspring in lewende lywe
bokspring saam met alles wat leef.

O, hoe verlang ek na jou somer.

MCDb.

BERUSTING.

Deur Datum gepubliseer: 21 Junie 2019 1

Wanneer die son soos ‘n ryp vy
keep lê in sy baan,
en met ‘n snypunt aan die ewenaar
rooiwyn skink tussen goue wingerdblaar,
word ‘n vuur kaggel die plek waar
jy anker sak en jouself
in sy hawe laat.

MCDb.

DIE VROEG-HERFSTREIN

Deur Datum gepubliseer: 21 Junie 2019 Hou van

Die Vroegherfs-Trein .

In hierdie ryper, amper goud en roesrooi jare — begin ons mekaar meer opsoek as kleinode.
Pluk ons saam in verwondering en met innige genot, van die seisoen se oulaas, nog weggesteekte vrugte.
Ons reik uit na mekaar, bo- oor gronde van vooroordeel en verdeeldheid, en rek…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 13 gaste aanlyn

Bydrae Totale