Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Lorraine

Die Mense van my Hart

Deur Datum gepubliseer: 21 April 2018 3

Ek is gebore in Bloemfontein in die Vrystaat in die goeie ou dae toe hierdie land net vier provinsies gehad het en jou keuse van watter rugbyspan jy voor skree beperk was tot Transvaal, Noord-Transvaal, Vrystaat, Natal en die WP.

My pa was ‘n hoogs bekonkelde jongman! My ma was,…

Stukkend

Deur Datum gepubliseer: 21 April 2018 4

STUKKEND

verstrik in die vangnet
van onvervulde drome
want ons het mekaar vergeet
sê my, my lief,
want ek wil weet
wat het geword
van die handgeweefde
kombers wat ek vir jou gegee het?

jy wuif met die rafels daarvan
in jou hand
as ek ‘n ent seelangs
gaan stap
lê…

STORMSEEHELD

Deur Datum gepubliseer: 16 Oktober 2017 2

Stormseeheld

Perd, ruiter, diepsee
wat skuimend dood skree
see wat
rasendmal regeer
kyk op ruiter neer
vreesloos
red hy een vir een
wat uit golwereën
herleef

Lorraine Smit
2017

NARREGESIG

Deur Datum gepubliseer: 13 Oktober 2017 4

NARREGESIG
Op die telraam van die tyd
word minute ‘n ewigheid
waarin ek in jou donker ruim bly hang.
In die aantrekkamer word ek uitgevang
terwyl ek besig is om my narregesig op te smeer
en die verf magteloos faal
om die pêreltraan te keer.

Lorraine Smit
2005

KOEBAAI MY LIEFSTE LAM

Deur Datum gepubliseer: 13 Oktober 2017 3

KOEBAAI MY LIEFSTE LAM

Kan ek jou maar vertel
Ons liefde het vervel
En ons pas lankal nie meer
Binne die liefde se sfeer
Aai, aai, die witborskraai bly in sirkels
Al om ons dooie drome draai…
Is dit nou fluit-fluit ons storie is uit?

My hart het lankal reeds verys

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 73 gaste aanlyn

Bydrae Totale