Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Karin Muller

Woorde kan leemte nie vul nie

Deur Datum gepubliseer: 29 Augustus 2017 8

Afrikaans is sekerlik die taal wat die meeste beskrywende woorde bevat. Woorde wat nog nie bestaan om uitdrukking aan iets te gee nie, word uitgedink en bygevoeg.

Die twyfel bestaan of daar in enige taal woorde bestaan wat die afgelope week se hartseer kan beskryf. Die nuus van sy afsterwe…

Plasing van iemand anders se werk onder my eie naam

Deur Datum gepubliseer: 11 Mei 2017 5

Baie dankie vir die terugvoering wat ek gekry het dat die skakel wat saam met my werk geplaas word na iemand anders se naam verwys.

Media24 het baie lank gesukkel om hulle stelsel reg te kry – dat die vryskutskrywer, en nie die redakteur se naam, by die werkstuk verskyn…

Waarheen is die wêreld op pad?

Deur Datum gepubliseer: 10 Mei 2017 5

ekenaartoerusting en selfone raak al hoe kleiner, maar in die meeste gevalle kan dit ook al hoe meer inligting stoor.

Sommige geheuestokkies is so klein dat jy dit skaars tussen jou vingers kan vashou, tog kan ’n mens ’n magdom inligting daarop versamel.

Die geheuestokkie in die vorm van ’n parmantige…

Engel Gabriël

Deur Datum gepubliseer: 30 April 2017 9

Soms, in die nag, verbeel ek myself –
as gister se spoke my hard-op uitjou –
God stuur Sý engel Gabriël
om oor my wag te kom hou.
Nie by die venster,
nie by die deur
maar regop langs my
op die matras
sodat die spoke nie ook
in…

Die gesoebat vir ‘n pan

Deur Datum gepubliseer: 26 April 2017 8

Die meeste van ons het al die advertensie gesien waar ’n sekere winkel ’n spesifieke pan adverteer.

Dit is ’n ongelooflike pan wat die pannekoeke so lig soos veertjies laat omdraai. ’n Pan wat jy sommer met kombuispapier kan uitvee en weer gebruik. ’n Pan wat ’n nuwe lagie Teflon…

Gebruikers Aanlyn

4 Lede, 68 gaste aanlyn

Bydrae Totale