Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Jessica Venter

Immergroen

Deur Datum gepubliseer: 27 Oktober 2020 4

jou omgee versprei
soet soos die reuk
van ‘n yesterday, today and tomorrow
tussen jou hartsmense
waar jou koestering
menigte harte
se honger stil

jou gebede verfris
nes die eerste lentereën
na ‘n lang droë winter
en jou tuiste bied
‘n lafenis
vir ‘n dorstige siel

“and honey, your soul
could…

Liewe Vrou

Deur Datum gepubliseer: 10 Augustus 2020 6

wanneer die samelewing
’n etiket op jou wil plak
onthou jy is meer werd as edelstene*
want jy vind jou waarde in God
selfs al het die lewe
jou telkens probeer breek
veg jy harder terug

liefste vrou
jy is vrou maar tog ook ma
dis jou gebede
wat jou…

Winterwals

Deur Datum gepubliseer: 16 Julie 2020 7

met winter se wilde winde
ruk-en-rol sy ysige wals
waar hy om die hoekie kla
oor die sware las
wat hy moet dra

windpomp huil tjir-tjoer, tjir-tjoer
oor die somer se droogte wat hy moes aanskou
terwyl die reën in seënstrome neer veer

winter sug moedeloos
en smyt sy sneeujas op…

Hoopson

Deur Datum gepubliseer: 5 Maart 2020 9

as moedeloosheid
soos mis
dig oor my vlaktes hang
en my uitsig
met hopeloosheid
toewasem
sak twyfel
swaar oor my hart
wanneer my trane
in druppels dou op my wange stol

waar ek by Vader se voete sit
met my kop op Sy knieg
lê ek my sorge
op Sy…

‘n Oomblik

Deur Datum gepubliseer: 5 Maart 2020 6

tussen die eendag-hopies
van my “as”drome
moes my eie hart breek
sodat ek die soet van my pyn
kon proe

dis in die bitter nasmaak
van my lot
waar die waarheid lê
“jy is meer werd
as jou verlede”

elke hartklop
eggo my ewigheid
voel ek weer
h e…

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 60 gaste aanlyn

Bydrae Totale