Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Janita

‘n Hart wat bloei

Deur Datum gepubliseer: 7 Januarie 2018 5

‘n Hart wat bloei
ken die lewe se seer
‘n Hart wat bloei
het al duur lesse geleer

‘n Hart wat bloei
kan ‘n ander se pyn verlig
‘n Hart wat bloei
weet dit help nie om te vlug

‘n Hart wat bloei
is soos ‘n oop wond
‘n Hart wat…

Die ses letter woord

Deur Datum gepubliseer: 1 Desember 2017 4

Die ses letter woord

Vir die vrou in ‘n liefdelose huwelik,
vir die man wat voel hy het misluk
vir die kindjie wat by die weeshuisvenster uitstaar
vir die jongmens wat nie meer sy eie lewe wil bewaar.

Almal het dit nodig,
almal hunker daarna
almal wys dit nie noodwendig
want hul weet nie hoe om daarvoor…

Boemelaar

Deur Datum gepubliseer: 16 Oktober 2017 5

Boemelaar

Hy staan verslete langs die pad.
Uitgestrekte hand om te bedel vir ‘n rand.
Wat het hom daar laat beland?
Het die lewe hom heeltemal afgemat?

Verskroei, verkreukel en verslae,
staan hy langs die pad vir dae.
Soms kry hy ‘n sagte brood,
ander kere ‘n harde woord.

Hoekom bly hy…

Verdwaal

Deur Datum gepubliseer: 15 Oktober 2017 5

Verdwaal

My gedagtes verdwaal tussen lyne.
Jou woorde eggo in my kop:
“Raak weg saam met my.”
Niemand sou ons kon stop.

Jy het my weggevoer op paaie,
waar ek nooit op my eie sou gaan.
Nou loop ek wye draaie,
ek wil nooit weer daar stilstaan.

Hoe kon ek dit nie…

Die gemis

Deur Datum gepubliseer: 15 Oktober 2017 7

Die gemis

Sy ervaar dit daagliks
maar sy kan dit met niemand deel
Haar hartseer stol in haar keel
en dit help haar niks

Sy voer al jare hierdie stryd
in haar binneste, dit wil nie uit
Haar geliefde weet nie wat om te doen
hy probeer nie eens meer vir…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 83 gaste aanlyn

Bydrae Totale