Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Koos Elsum

Swart Gedagtes

Deur Datum gepubliseer: 11 Junie 2019 2

Ander gedagtes
beklad eie
tot dit verdwyn,
in swart.

Laat agter
die swart
wat modder skud.

Vervorm
na swart klei potte,
waar wit lig
deur krake beur,

Onder dié werklikheid
versmelt alles tot
wit.

Koning Wense

Deur Datum gepubliseer: 11 Junie 2019 1

Jou wense verbloem
gebom vermink,
tot rooi bloed grond
oë.

Alles verwens
self vervloek,
verwoes
geweld gekraam
omself te dood.

Wense spoel terug,
vervul jou eie
slegte droom.

Waardes

Deur Datum gepubliseer: 11 Junie 2019 2

Swart weerlig
oor wit papier,
skiet woorde
reën.

Swart goggatjies
op wit papier,
kak kollle.

Swart verstol
op wit papier,
wêrelde vol
sonder waarde.

Gedagtes van……

Deur Datum gepubliseer: 10 Junie 2019 1

Gode
Mense
Diere
Dinge
Klippe
Stof

Geeste, gode, waardes beginsels
wat dryf in diep stiltes,
dreig waarhede,
met
onseker wins.

Mense deurboor
biologiese vierde en vyfde geslag
analiseer en pontifiseer,
markdag skinder.
herkou verwarende waarhede,
met
verskonings as wins.

Diere ingeteelde DNA
Wetenskaplik onemisioneel
giere en uitkomste meganies bepaal
onvoorwaardelike waarhede
met

Karoo Reis

Deur Datum gepubliseer: 10 Junie 2019 1

Skud … …

Oneindig
klip en stof.
ver oop vlaktes,
Koppies swart koffie
sterk.

Stilte….
sag in,
gereisde gekykte
moeg gemoed.

Gebruikers Aanlyn

7 Lede, 122 gaste aanlyn

Bydrae Totale