Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

HelenaMellet

VRYE TEUELS

Deur Datum gepubliseer: 30 Maart 2018 3

Steek niks weg nie
maak oop jou hart
en laat dit oor jou tong rol
verby jou lippe
die wêreld in
sit geen perke op jou pen
en laat die ink vrylik vloei
maak leeg die propvol kruik
in jou siel
en laat die heelal
in jou wêreld vol…

NOG ‘N DAG

Deur Datum gepubliseer: 8 Maart 2018 5

Met die eerste strale van die son
streel sag die dag se groet
oor jou slapende gesig
waar ek bevoorreg en geseënd
jou asem teen my voel
as ons saam ’n nuwe dag begin
en gister se ure
deel word van ons sprokie

©HMellet

WORD DEEL VAN MY

Deur Datum gepubliseer: 4 Desember 2017 7

Laat jou liefde deur my spoel
streel my siel met jou woorde
sing vir my in die soetste akkoorde
ek wil jou in my lyf kan voel…

jou menswees maak my ’n beter mens
ons harte wat een word, my grootste mens

©HMellet

GOUE KLANKE

Deur Datum gepubliseer: 4 Desember 2017 5

Gee my Laurika en Lukas Maree
Koos Doep, Steve en Amanda Strydom
Theuns, Karen Zoid en Jan Blohm
speel weer Sonvanger en Huisie by die see…

vat my terug na Blouberg se strand
en wys my Hemel op die platteland

©HMellet

GENADE WATER

Deur Datum gepubliseer: 22 November 2017 5

Druppels
delikaat kosbaar
val spat benat
boeiend glinsterend aanhoudend betowerend
les voed seën
gedweë betyds
reën

©HMellet

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 109 gaste aanlyn

Bydrae Totale