Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Frank Meintjies

Boot Suid Afrika

Deur Datum gepubliseer: 30 Augustus 2019 2

Die wind klap die seile
skaduwees steier
sommige van ons kyk groot-oog aan,
ander lag, drink wyn
hanteer klein happies kos
met blink lippe

Let op: ‘n gesig nes myne
wit tande gekoppel
onder donker sonbrille

(met ‘n glas huis-rooi
byderhand)
‘n Skilderaar weef
veelklerige golwe
op ‘n doek

Die water…

Kaapse saksofoonspeler

Deur Datum gepubliseer: 13 Julie 2019 3

Die kaap mis jou, Robbie;
hulle noem jou Kaapse doktor

Waarom – miskien: die een
wat worstel
met kwale en donker buie?

Mense in sinkhuise
hoor die blues;
vir iemand (en iemand se kind)
is dit
‘n blou maandag
elke dag
in die buurte

Die sand, wind en sirene
skuur die woonstelle
… laat hulle kleurloos en vaal
in the laat-middag son

Gewere skiet

Meisie-kinders verdwn;
hul…

Rugraat Sorg

Deur Datum gepubliseer: 11 Junie 2019 2

(’n Gedig wat gevind is. Kuier, 9 Sept 2015)

‘Ons vroue worry mos
sommer vir
die res van die wereld. Dis wie
ons is; omgeemense.

Die lewe gooi ons
’n hele paar curved balls
en meestal
nie sagkens nie.

Ondersteun en help mekaar.
En vir die vrou wat slap gelê het;
kry jou vuur terug.
En as jy ’n beste vriendin…

Reënweer op die Vlakte

Deur Datum gepubliseer: 13 Mei 2019 3

Die weer daal neer
op huise sonder drome
in drome wat soek
na vaste woonplek woonplekke

Bedek jou kop
herstel die dak en prop die lek
vermy die stroom
in Blikkiesdorp
kom binne vir ‘n slukkie tee

hierdie kaapse vlakte
uit gestryk
en water lê oral

In die holtes van die waterdraer
dans die duiwel rond

Aanhoudend …
in strepe en repies
wat my vaspen
in…

Liefdestraal

Deur Datum gepubliseer: 14 April 2019 3

Vonke
in die duister, in die
fluister
van spelonke

Nag-strale
bewaar my
ook
in die skadu van hierdie helder dag

Liefde … sorg dat ek
na weerlig, wolke en geween met wolwe
weer eens
my hart se vlerke
uit kan strek

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 34 gaste aanlyn

Bydrae Totale