Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Evelyn van der Merwe

‘N liedjie vir hom

Deur Datum gepubliseer: 11 Julie 2016 9

My oudste broer is op 4 Julie 2016 in motorongeluk oorlede. Dit was ‘n groot skok vir die 8 broers en susters wat agtergebly het. Hierdie is ‘n ode aan hom, mag hy rus in vrede.
(OP DIE WYSIE VAN STEVE HOFMEYR SE “PAMPOEN”)

Sing, sing jou laaste…

Dankie vir woorde

Deur Datum gepubliseer: 8 Julie 2016 13

Vader met danksegging buig ek hier neer
om U vir my mooie talent te eer
‘n passie vir dig aan my toevertrou
daarom beloof ek U hier en nou
dat solank my oë my toelaat om te sien
sal ek U naam met eie woorde bly dien
solank my…

Help my onthou

Deur Datum gepubliseer: 28 Junie 2016 6

help my onthou
die droomblou in jou oë
as ek liefd’ryk daarin kyk
voor gedagtes grys word
en skakerings mettertyd
sleepvoet daaruit wyk

help my onthou
die strelend lied van jou stem
as jy male sonder tal neurie
hoe kosbaar ek is en hoe jy voel
spesifieke klank…

Oral daar

Deur Datum gepubliseer: 27 Junie 2016 9

Waar sonneblomkoppe hemelwaarts keer
verf sonbal sy strale teen plafon van sfeer
waar paddas eentonig in rietjiesvlei murmureer
en walvisse die magtige oseaan domineer
by skedelkus waar son skeepswrakke verweer
en wit beendere verder disintegreer
in kranse hoog waar arend triomfeer
en in bosveld wat droogte moet trotseer

Ek is maar kosmos

Deur Datum gepubliseer: 24 Junie 2016 12

saamgebondel in geen spesifieke vorm
gerangskik in pastel neffens doringdraad
indringerbome wat beskerming bied
oor ons wit, pers en skakering pienk

neurie ‘n hartseerwals in golf van wind
halfpad deur ydel reën en stof verslind
maar ons is die natuur se pragportret
deur Sy hand self gesaai,…

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 113 gaste aanlyn

Bydrae Totale