Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Elroux

miskende vrou

Deur Datum gepubliseer: 24 November 2019 2

te lank was jy ‘n wurm
kruipende voor hom
gehang aan ‘n spindraad
papie verstrik in ‘n kokon

te lank was ons nie-siendes
gesus in ons winterslaap
ons ore horende doof
om jou kreet te hoor

jy was geslaan met stomheid
maar nou is dit jou tyd
dat lente ook vir…

Vuurmonster van die nag

Deur Datum gepubliseer: 8 Oktober 2019 1

te lank die smaak van smaad
wat ‘n agtergeblewe lewe in die mond laat
saam word daar vannag gepraat
3 hurkende skaduwees hou beraad
oor ‘n knetterende donker daad
‘n duister daad wat hard sal praat

ruik en voel die blinde haat
wat bars deur wonde se dun naat
proe…

bitter stroop

Deur Datum gepubliseer: 30 September 2019 1

die vlam van gierigheid brand hoog
vuur spoeg uit honger oog
die wild gestol in vrees van wat kom
visier gestel om die donker te kloof

die aasvoël knip haar oog tevrede
waar sy op haar eiers sit
wetende vannag
is daar nog ‘n slagting
meer as een
skoot weerklink

hande…

laatlente

Deur Datum gepubliseer: 21 September 2019 1

te lank was jy ‘n wurm
kruipende voor hom
gehang aan ‘n spindraad
papie verstrik in ‘n kokon

te lank was ons ontsiendes
gesus in ons winterslaap
ons ore horende doof
om jou kreet te hoor

jy was geslaan met stomheid
maar nou is dit jou tyd
dat lente ook vir jou sal kom
monumente word gebou
om eer te bring…

Hernuwing

Deur Datum gepubliseer: 30 Junie 2019 6

Brons
my winterskelet wat alleen teen ‘n vaal hemel staan
voel die sap van lewe deur harde knoetse gaan
in die skadu van God se kruis
word klipsteen klip van eeue — gruis
bevry my verskrompelde wortels om uit te spruit
verby die aardse te groei tot in ewigheid

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 104 gaste aanlyn

Bydrae Totale