Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Estelle

Winter in Stellenbosch

Deur Datum gepubliseer: 5 Junie 2019 1

Die reen sif nou al dae en nagte lank
in winterskemering oor
naakte boom en wingerdstok,
en oor my dak se reeds deurweekte nok.

Die wind sug stil, eentonig
– asem sonder drif –
wyl lewe langsaam pols
in ‘n staat van diepe slaap en rus
die eike woord’loos skeletaal

Winter aan die weskus

Deur Datum gepubliseer: 5 Junie 2019 1

Die son het ongesiens verbygegaan
versluier en verberg
die mis het soos ‘n grys gordyn
als onderlangs verdwerg.

So het die dag verbygesleep
grou en grinterig
die see gedemp, ‘n meeu
geruisloos in die somber lug.

Die middag laat het opeens die mis
soos ‘n…

Kwatryne in die kou’

Deur Datum gepubliseer: 5 Junie 2019 1

Die lug was soos jou oë, blou
maar die son se strale was al flou
swaels het op die draad vergaar,
toe’t ek besef hoe mis ek jou.

Die dae het koel geword en kort
terwyl die bome al hoe kaler word
die wintersreën het sag geval
terwyl ek ongesiens…

Die lekker lewe

Deur Datum gepubliseer: 27 Mei 2019 1

Ek bring vir jou presentjies
in kardoesies van papier
samoesas uit die bo-kaap se
ou Slamaierwinkel
(daardie een van Leipoldt
waar dit so lekker kon rintinkel).

Ek koop vir jou koeksisters
by Saterdag se kerkbasaar
(met die soetste, soetste suikerstroop
wat teen jou ken afloop)
ek bring dit in ‘n…

Onsterflikheid

Deur Datum gepubliseer: 8 Februarie 2019 2

In ‘n tydelike staat van net maar wees
skulp ek soos die kluisenaarskrap
in ‘n liggaam net geleen,
in die hier en nou maar nietig mens,
verganklikheid van bloed en vlees.

My aardse bestaan deur tyd bepaal
– die uurglas wat my lewe rig –
die opkoms van die son…

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 82 gaste aanlyn

Bydrae Totale