Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Alkallie Viljoen

Die pouse

Deur Datum gepubliseer: 30 April 2019 10

ek darteldans die veertigs in –
noú gaan my lewe mos begin,
vol pittigheid en stoutigheid –
spieël ek my status: prima steak

terstond plonk my euforie tot ‘n halt
toe die eerste hittegolf my slat –
Pappie moet in die boosdoos bly,
tot die kinders is skielik bang vir…

Verraai

Deur Datum gepubliseer: 28 Februarie 2019 9

hoe verlos ek my van jou?
hierdie katarsis
wat nerf teen soet herinneringe,
die kou wat kerf deur stiltes
en rou –
die durende besef:

vir ewig verraai
deur tyd,
wat nimmer terug kan draai

©Erika Viljoen (Silwer)

Die siel van ‘n digter

Deur Datum gepubliseer: 7 Februarie 2019 10

ek weet ek moet gaan,
al smag my siel (in bardo)
na ‘n vleeslike bestaan –
soepel vingers
om kwynende gedagtes vas te pen,
warm lippe, om jou te verseker –
ek het jou hart geken
(dat jy kan verstaan)
as ek met ‘n paragon traan
my diepste hunkering

Tanka – 3

Deur Datum gepubliseer: 25 Januarie 2019 11

ontwortel my stem
uit dié brakland se boesem,
verwoord my drome
teen ‘n hemelkroon van glas –
dat ek opnuut wéér kan sien

©Erika Viljoen (Silwer)
Prent: Cyril Rolando

Tanka – 2

Deur Datum gepubliseer: 22 Januarie 2019 9

‘n Nagtegaal sing
tula-tula mymering
wat syg deur die nag
tot opgewekte voorspraak
vir die nuwe jaar se koms

(c) Erika (Silwer)

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 93 gaste aanlyn

Bydrae Totale