Jou koorsagtige najaag
en blatant-gewaande
besitreg van my
– jou ydele gebruik van my naam –
Demoveer my tot klatergoud-
bedrieglik mooi van aanskyn,
dog innerlik saf en wesenloos
Hoogagtend,
Die Liefde
Jou koorsagtige najaag
en blatant-gewaande
besitreg van my
– jou ydele gebruik van my naam –
Demoveer my tot klatergoud-
bedrieglik mooi van aanskyn,
dog innerlik saf en wesenloos
Hoogagtend,
Die Liefde
ek kap en kap
met my woordbeiteltjie
om die erosie wat
my geliefde taal
tot besinksel wil reduseer,
weg te werk!
soms werp ek my beiteljie
ongedurig oor my skouer
en klim in met my hamer
se geniepsige punt
‘wyl my liefde vir my taal
versagtend, apologeties
witvoetjie soek…
*besinksel – afsaksel
wanneer ek terugkyk oor my skouer
na my koud kouer
…
in my diepste binnekant
waar niemand kan sien
koester ek my seerkry
as iets kosbaars van my
en terwyl ek nog ly en ween
gaan God reeds met my seerkry heen
Al sou ek gaan lê, my opkrul
in die sekelmaan se krom
omhelsing
Al sou die sterre
hul liggies verdof in stille
simpatie
Die uitspansel sy nagfluweel
versag tot iets só medelydend
dat dit my hart en siel aangryp
Kan niks jou terugbring, Pa
Hier waar spikkeltjie-ek opkyk
sien ek ‘n
bang-maak-troos-maak
naghemel bo my
Waar my
weerloos-woedende
PA!
E-g-g-o tot bo
net om daar…