Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Eduard Smith

Gebonde in blou – Eduard Smith

Deur Datum gepubliseer: 9 Oktober 2019 2

Jy framboos as ek eerlik is
en sê van die mooiheid
waarmee jou kyk
my tydig gebonde hou;
in die blousel daarvan
verdrink ek gedurig,
gedurig as die son
oor ons sterf in karmoesyn.

© Eduard Smith

Toe jy knus hier wás – Eduard Smith

Deur Datum gepubliseer: 29 Augustus 2019 Hou van

Middelweek breek bleek,
laatwintergreep verwelk
soos toe sy aanvanklik
die lewe in ryp kom steel het –
nou weet ek nie waarom
die laatheid van die koue-seisoen
my aan jou laat dink nie?

Is dit die potensiaal
of die onbekende
van veranderlikheid;
is dit jou weggaan
óf die kilheid van…

Plengoffer – Eduard Smith

Deur Datum gepubliseer: 13 Junie 2019 3

Ken julle die plengoffer
wat aan die bodem van my glas kleef:
daar skarrel asems in klein korrels
teen die buitewand
wat in plaste niks versamel lê.
‘n Losspel vandag
maak groot treë weg
van die opening
in die bottel
wat kurkloos vir volmaak(theid) wag.

Soos ons lewe en laat leef
hang goeie voorneme
meters lap en pluiings wit
teen duinesand
in ‘n…

Klong (Hoofstuk Nege) ©Eduard Smith

Deur Datum gepubliseer: 26 Oktober 2018 5

“Kan ons asseblief alleen praat?” Francois trek vir Dreyer aan die arm teen die trappies af.
Dreyer draai sy kop en praat hard oor sy skouer. “Annemarie, jy gaan nêrens heen nie. Ek kom nou terug dan móét ek met jou praat.”

Francois loop vooruit en Dreyer…

Beswaar ©Eduard Smith

Deur Datum gepubliseer: 24 Oktober 2018 3

Jy sê my pen skryf deure oop
wat vir jou allig soos hemel lyk;
‘n plek waar roes en rot
nie verwoes nie,
waar binnekeelklanke
die strome van rus kan word –
ek maak kapsie
want ons Dawid emosies
en steel aan die reeds geskrewe
dit wat was sal…

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 130 gaste aanlyn

Bydrae Totale