Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Denise van Rensburg

Meermin (Opdrag 5)

Deur Datum gepubliseer: 7 Augustus 2018 3

ek verstaan
dat jy wil loop:
die salpetersak
is swaar my lief
en sonlig ongefilter

ek weet
jy wil nie bly nie:
die deining
is te monotoon
en rotstroon ongekussing

maar voor jy
landlangs loop
oorweeg vlietend
tog my wens
in sand gevingerploeg
vir jou:

min- my-meer

© Denise van Rensburg 07/08/2018

Rolverdeling (Opdrag 4)

Deur Datum gepubliseer: 3 Augustus 2018 2

het jy `ʼn ander rol vir my
siende my Aspoesterpolvy
(volgens agter-hand-gissery)
nou `ʼn ander voet gevind het
en my Griet verdwaal in die bos
omdat jy vergeet
om vir haar wit klippies te los:
het jy `n ander rol vir my?

© Denise van Rensburg 30/07/2018

Skrywersblok (Opdrag 3)

Deur Datum gepubliseer: 25 Julie 2018 4

as die moet van mooi-moet-sê
spartelend in my krop kom lê
draai die woorde kortom weg
en los enkel los klanke
vir grysstof se vleg

as die nou van skryf-nou-gou
paniekerig sinne wil-wil bou
keer tot cliché my toe die rug
en stol ink se vloei
onder stom se brug

sal…

Teenaanbod (Opdrag 2)

Deur Datum gepubliseer: 19 Julie 2018 4

Met das gegalg
en prada geanker
in rigiede grein
van linker brein
moet my bid
Mammon se oor
logies bekoor
sodat sy seën
met klaterflonker
en groter pronker
my kan bekeer
tot dogma wat leer
dat die hemelroete geteer is

maar die pad
wat regs van midbrein kartel
lok my…

Verskoon my

Deur Datum gepubliseer: 10 Julie 2018 4

Vergewe my
dat ek
onfilosofeer vannaand
al amber wysheid in my glas…
My denke is bloot so gekalibreer
dat my ondink
sinpraat keer.

Vergewe tog
dat ek
woorde van liefde onsê vannaand
al lê bewyse so ondiep…
my voel
is bloot te sinies
om weer
en nog `n keer
te…

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 96 gaste aanlyn

Bydrae Totale