Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Cornien

U stuur ʼn lemoenduifie

Deur Datum gepubliseer: 31 Julie 2020 6

ek sit op my draadstoeltjie “bo-op” die sementbraai
sodat my oë aan die horison kan hang –
om te sien tot dáár waar uitkyk sy bloute kleur
en die spikkelbome sonstrale vang

maar hier deur die laagte,
sug my gemoed soos koue mis
en vou sy vingers om my benerige…

Uitnodiging na Reënboog en Reën se troue (Brons)

Deur Datum gepubliseer: 31 Januarie 2020 8

o’ broeders en susters en algar wat luister

u word vriendelik uitgenooi na die huweliksbevestiging
van ons broeder Reënboog en suster Reën
wat binnekort gaan plaasvind by Augrabies

jul uitnodiging is reeds oppad soontoe
plek-plek uitgedeel vir besigtiging
so hef jul oë op met lof en danksegging

suster Reën is reeds besig…

‘n Kardoesie vir Vyfsent

Deur Datum gepubliseer: 31 Mei 2019 15

Laat my gedagtes saam met jou kreukel
tot lankgeleë se voetloop, se mooi, se onthou…
onthou van sorgloos, kindwees, lag –
lag oor lekker en nie hierdie ewige wag.

Onthou jy die Griek in ons armbuurt?
Já die een op die hoek…
met sy ronde glasbottels lekkergoed,
gevul met Appelkosies,…

Ontvlug na jou rus

Deur Datum gepubliseer: 31 Maart 2019 17

(brons)

Ontvlug na jou rus

Kan ek tog net vir ‘n oomblik ontvlug
na daar waar my siel spoor in hemelse rus:

veilig onder ‘n boom; knus versteek
weg van moet en grootmens wreek

nou dwaal my hart in gange van vergeet
en drink bitter aan elke dag se leed

en hang aasvoëlvoos…

Vergete gisters

Deur Datum gepubliseer: 28 Februarie 2019 12

Elke korrel asem…
gly deur gister se vergeet
en boepens in sy oorvol
gedagtes wat stroom korrel
oor nou se toe en toe se nou

Sou ek jou korrel-koggel kon omdraai
om vergeet te herhaal –
waar sou jy korrel in my verhaal?

© Cornien Naudé
28/02/2019

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 38 gaste aanlyn

Bydrae Totale