Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

coen vollgraaff

tokkelossie

Deur Datum gepubliseer: 15 Februarie 2019 2

skeel-oog se tja-ma
kyk in kalbas se kelk

sy sè: “jy moet bokgoed ja

tokkelossie steel hul melk.”

 

skeel-oog dans n gode-dans

al agter die bok

hy’t suutjies-suutjies agter die berg geloop

hy’t vir mamma-goed gejok

hy’t koffie se wit-maak-goed

aan kaaiman

vir twak-goed

gaan verkoop.

die lewe is…..

Deur Datum gepubliseer: 15 Februarie 2019 3

pik-swart tok-tokkie op die grond
tink-tinkie in my tuin
op die stoep my troue hond
die lewe is n glasie wyn

opgekrul lè kietsie-kat
nag-swart haartjies sag en fyn
reèn-druppels op my huis se dak
die lewe is n glasie wyn

in die kaggel knetter daar n vuur
vèr-af die see se sagte dein
in die do ker laat-nag…

wraak

Deur Datum gepubliseer: 15 Februarie 2019 1

jannetjie -piet se bicycle klop-klop
al langs die donker pad

hys dronk in sy kop

vanaand gaan die poppe roer

wraak sit soet-stil in sy bors
want daai slegte jan slang
het gister-aand
so hoor hy
toe die maan skeef-kop lè

op die dansvloer by bo-krans
glad riel-riel

en binne-boud

met sý kopdoek rosie …

keetmanshoop

Deur Datum gepubliseer: 15 Februarie 2019 Hou van

as ek so deur
my vèr-verle
se jare loop

dan hoor ek weer
die wind
by keetmanshoop

vir dae aanmekaar
kom ruk
en pluk hy
aan ons huis
se venster-raam

kom sing hy
heimweè
uit my uit
en hamer aan
my venster-ruit

al om die hoeke
van die huis
kom dans die wind

die lewe is

Deur Datum gepubliseer: 11 Februarie 2019 2

pik-swart toktokkie op die grond
tink-tinkie in my tuin
op die stoep my troue hond
die lewe is n glasie wyn

opgekrul lè kietsie-kat
nagswart haartjies sag en fyn
reën-druppels op my huis se dak
die lewe is n glasie wyn

in die kaggel knetter daar n vuur
vêr-af die see…

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 97 gaste aanlyn

Bydrae Totale