Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Ch Nel Venter

Amber Liefde

Deur Datum gepubliseer: 30 Maart 2016 20

Roes rooi vertoon ons‎
as ons val
van bome van die hart
As ons wankel in
ons ruimtes
onmeetlik so vol
van smart.
As die son goud drup
oor die vlakte
en die gras waai
soos golwe prag
Tot wanneer herfs
knip oog
vir die winter
Sal ek op jou wag.
‎”Amber rus ons liefde,
in afwagtiging
dat dit wéér ontspring”
Vir ewig aan
ons hartklop
n rusplek
en versugting…

Vanuit die wolke

Deur Datum gepubliseer: 16 Maart 2016 11

Hier bo is alles anders
Ek wens ek kon dit bêre vir jou
Ek wens ek kon fotos neem in my gedagtes
en vir altyd dit so onthou
Hier bo is alles georganiseer
en alles lyk so klein
Groen lappe tussen die bruin
en haarlyn padjies wat alles…

Tango met my

Deur Datum gepubliseer: 9 Maart 2016 5

Tango
met my
oor die reëls
van die liefde
dans met my
die genot
van die hart.

Tango
met my
oor jy
my liefhet
dans met my
op die ritme
van ons smart.

Los als agter
en kom
dans met my

Werp jou sorge
tot die dansvloer
van jou eer,
Laat ek jou
die tango
leer.

Tango
met my oor
die lied van ons liefde
oor die noot,
dans met my
my geliefde
op die ritme
dans ons sorge…

Jou fotokopie

Deur Datum gepubliseer: 9 Maart 2016 6

Ek maak van jou ’n fotokopie
so is jy vir my sielsterapie,

Sou ek ’n gedig skryf net vir jou
ons toevou in woorde,
sou jy onthou?

As ek vir jou sê, jy is my adjektief
jy beskryf my
ek is vir jou lief;

Jy is…

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 29 gaste aanlyn

Bydrae Totale