Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Ch Nel Venter

Die berg van liefde

Deur Datum gepubliseer: 8 Mei 2018 3

die berg het n muis gebaar,
berg van seer kry
daai berg was liefde en drome verby

ontmoeting, van toe af was dit net jy
nooit gedroom van seer kry
net van liefde, liefde vol beloftes
op n berg wat muise baar,
muise wat niks is
liefde wat drome is,…

Woudnimf

Deur Datum gepubliseer: 10 April 2018 3

Sy rinkink in die takke
wat slierte hang uit sy hart
waar die sonstrepe flikker
en die woud uit tart
waar digte bome n tent maak
vir haar verlangende siel
n skuiling waar niemand
haar hart sal verniel

Sy gly met die sonstrale
af tot op die blare se bed

Liefde is…..

Deur Datum gepubliseer: 10 April 2018 2

Liefde is ……

B i t t e r s o e t
n ryp oop gebreekte granaat
teen die sonsak
skarlaken rooi soos bloed
n koel bries teen die middag gloed

G e d u l d i g
n wit skuimende golf in hoog gety
op die horison
word dit grys en sinkwit verlig
in woorde leef…

Donker wese

Deur Datum gepubliseer: 4 April 2018 3

Grimmig staar jy koud
na my lewe
In die hoek van my gedagtes
sprei jy jou noodlot vlerke
oor die lig en lag van my siel
Jy bedruip my doop seël
met jou donker waansin
en bedek die rose weg
met dorings deur jou stank versin

Jy was daar toe…

Sy guns

Deur Datum gepubliseer: 4 April 2018 3

Breed is Sy pad
groot Sy guns
as jy jou oorgee
in Sy Vader skoot
Weg is weëmoed, rusie
en wraak
wanneer jy stil raak
om Sy woord
Bekeerd, wedergebore, versoen
met Sy wonderbaar guns
leef jy uit genade
beset deur die liefde
van die almagtige Vader

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 47 gaste aanlyn

Bydrae Totale