Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Somerreën

Leemtes vol

Deur Datum gepubliseer: 7 Januarie 2019 2

Wat baat jy daaruit
om jou lewe lank
te jaag na dit
wat jou vredeloos laat

spoedig hoe jou soeke
en giere en geite
voorkeur moet kry

die eie ek
wat net wil hê, hê, hê…
die selfsug
wat suur net daar lê

hoe aards het ons geword
met meer en meer…

Geloof in God

Deur Datum gepubliseer: 11 Desember 2018 3

Agter elke aksie
lê geloof
en as jy jou aksies
wil verander
sal jy jou geloof
moet verander

stop die ongeloof wat jy plaas
in wêreldse dinge en mense
plaas jou geloof
in God se hande

Wie Hy sê jy is
is die enigste waarheid
en deur aan dit vas te…

Verwagting

Deur Datum gepubliseer: 6 Desember 2018 2

Wanneer jy min verwag
kry jy min
maar wanneer jou verwagting
oorweldigend grens
kan jy verseker weet
die hoop vir beter
is geanker in die beloftes
wat God oor jou lewe droom

wanneer jy in ewewig staan
met Sy plan vir jou toekoms
en die Heilige Gees jou lei
sal…

Reistog-drafstap vry

Deur Datum gepubliseer: 30 November 2018 8

Gebrokenheid dryf jou
om soeke te vind
ñ reistog waar die bestemming
jou nie beskore is nie

maskers in die oë
wat die wêreld
van jou sien

jy glimlaggend agter
die skerms van aanvaarding
verbind

die reis ontlont net meer
meer van iemand
wat alleen treur

stukkies van jou
stukkies van my
tussen…

Bloedsweet bladsye

Deur Datum gepubliseer: 12 Oktober 2018 4

Meer as ñ duisend gedigte
leeg gebloei op bladsye
hoe die ink so lieftalig
die wit kon versier
met die verlange
wat hier binne my
wou uitklim

woorde ge-uiter
laatnagte se duister
die motiewe in drank
en toenadering soek
in meer as net woorde
om elke hoek

die wellus van sonde

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 113 gaste aanlyn

Bydrae Totale