Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Calice

Woordspatsels: Lysies

Deur Datum gepubliseer: 29 April 2019 1

My moet-doen-lysies word langer. Afsprake word gejaagd in
my dagboek neergeskryf. Verjaarsdae is noodgedwonge
op die almanak gestip. Pasiënte se notas in swart ink
verwoord en in lêertjes geprop. Kleefnotas suig oral vas
soos verwarde vlinders.
My siel kom uit ‘n vervloë tyd en wonder wanneer het
skryf sy…

Innerlike Groei

Deur Datum gepubliseer: 27 Januarie 2019 1

Dalk is ons takke
van dieselfde reuse boom,
wat dikwels veg teen
en met ons oer-ou-wortels.
Groei ons na ons binne-lig.

Woestyndrome

Deur Datum gepubliseer: 21 Januarie 2019 4

Ons het voetspore
in die woestyn laat versand
Die woestyn’t drome
in my hart agtergelaat;
ek wil sandkastele bou.

Afskeid

Deur Datum gepubliseer: 22 Augustus 2018 1

Dit wat lank reeds was
moet ek laat vaar en toeverf
met my afskeids-kwas.

Haikoe wat wuif

Deur Datum gepubliseer: 22 Augustus 2018 1

Oë wat nie ontmoet,
Vergete winters-woorde;
Moes ons vanaand groet.

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 87 gaste aanlyn

Bydrae Totale