Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Carla Visser

kaalvoet vrydom

Deur Datum gepubliseer: 12 April 2018 4

Die plek se kronkelpaaie
van my padkaart af gevee
my skoene vol stof
met die klippe binne in
terloops
vir ‘n verbyganger gegee
die laaste wuif
fladderend
op opgeskeurde blaaie

waar die horison bloei
van skemerte
sal my spore eindelik lê
in die wind se sug
vir oulaas
die bekende, totsiens sê
die oorskiet krummels
van droë rantsoene
my nimmer meer bemoei

© Carla Visser
12.04.2017

Daar wandel ek

Deur Datum gepubliseer: 28 Maart 2018 3

In daardie plek
tussen slaap en ontwaak
waar bekommernis
vergete raak
jou verbeelding
nuwe drome maak

kan jy in elke sel voel
hoe die kaalte
oor jou spoel
en betrag jy toe-oë
die hersenskim
van ‘n vormlose poel

hier word alles waar
tussen woordlose tonele
as die onrus bedaar
en…

In ink

Deur Datum gepubliseer: 13 Maart 2018 5

as ek die see se sout
net laf kon maak
die Drakensberge dalk
middle deur kraak

as ek die wolke
droog kon drink
en die somerreën
in kraters kon skink

as ek elke liewe ster
se blink net dof kon vryf
en die bloeisels
in die hemelruim laat dryf

as ek elke…

Ontnugter in die nanaguur

Deur Datum gepubliseer: 27 Februarie 2018 9

Verlore in ‘n leegtheid
as die nanaguur
uitgerek verby sluip
en katvoet kom tuur
hoe ek worstel
met die afwesigheid
van wysheid

tussen iets en niks
waar die juistheid
gekantel en gekraak het
toe my hartsbeleid
net distorsie word,
die toneel in steen geset

op pad na êrens
oordeel raak geloop

Roulette van liefde

Deur Datum gepubliseer: 16 Februarie 2018 9

In die palm van my hand
gebind in ‘n doodskleed
lê skamele oorblyfsels,
van liefde en leed

deurdrenk met traan en bloed
verslyt die gebroke belofte
regdeur my laaste moed
drup dit soos lood,
‘n grafsteen
vir ‘n hart se dood

gestort oor klipbanke
deur dorre aarde gesypel
die bloedbevlekte twyfel

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 83 gaste aanlyn

Bydrae Totale