Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Callie Vermeulen

XYZ (Brons kategorie)

Deur Datum gepubliseer: 22 Desember 2018 3

dit was daar – die punt aan die einde van die sin.
geen twyfel aan my sig of leesvermoë
geen “per abuise” val van die pen

die sweet, klam aan my vingers
kon geen fout bespeur
selfs sou ek dit tas asof in Braille
daar was geen komma of rusteken…

Die skemeruur (Brons kategorie)

Deur Datum gepubliseer: 21 Desember 2018 3

nou, hier – in die stilte van die skemeruur
kom sit styf hier teenaan my sy
wyl ons gedagtes vêr in die niet in tuur
met sekelmaan wat so lê-lê oor rante loer
en die Piet-my-vrou se laaste eggo die aandwind roep

lê jou kop hier teen my skouer
terwyl…

Net donker (brons kategorie)

Deur Datum gepubliseer: 21 Desember 2018 1

ek slaap die slaap van die dooies
van donkerder as donker sonder enige drome

soms onthou ek nog (ten dele) van ou drome
soos vae gedagtes wat wil losbreek

nes ou stofbedekte boeke op vergete rakke
wat roep daarna om weer ontdek te word
vergeelde blaaie wat ruik na ou ink…

Uit my hart net vir jou

Deur Datum gepubliseer: 8 Desember 2018 3

rose is rooi en viooltjies is blou
maar dit bly steeds vaal teenoor jou

die sonlig het stralekranse om jou getooi
maar dit was nie net jou stap nie
ook nie net jou sit nie
maar die vonkel in jou stem en in jou oë
– veral as jou mond saam…

Heilige Nag

Deur Datum gepubliseer: 14 Oktober 2018 2

stiltes oorverdowend hier benede
geen klanke geen stemme
‘n swart kombers bring die vrede
vêr onder die suiderkruis
sterre wat skitter, hemelliggies wat blink

waswit wolke sleep hul skadus
skerm en keer die son, tem sy mag
mens en dier skuil met groot ontsag

Gebruikers Aanlyn

6 Lede, 118 gaste aanlyn

Bydrae Totale