Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Christa du Plessis

Gerhard

Deur Datum gepubliseer: 2 Julie 2019 1

Skynbaar ernstige Gerhard
hou nie van die noodlot tart
sy humor so droog
hou gemoed’re hoog –
Is Einstein, maar nie verward.

Melissa

Deur Datum gepubliseer: 2 Julie 2019 2

Kleine, fyne Melissa
Ouboet se enk’le sussa:
Balle kan sy skop
en slaan dat hul hop.
klein bottel dinamika.

Zanna

Deur Datum gepubliseer: 2 Julie 2019 1

‘n Meisie genaamd Zanmari
kan nie ophou kwetter nie.
om dinge te reël
is vir haar nie te veel,
maar leer is nie haar liefde nie.

Hande

Deur Datum gepubliseer: 27 Junie 2019 1

Hande

Die Here het vir ons liggame met die wonderlikste beweeglikheid en grasie gegee. Dink maar aan ‘n ballerina wat op haar tone staan en, met hande bo haar kop uitgestrek, in die rondte tol. Al haar aandag en energie is gefokus op die danspassie waarmee sy besig is. …

Soekhoek

Deur Datum gepubliseer: 26 Junie 2019 4

(Opsie 1)

Soekhoek

Ek luister RSG.
Jacqui sê
dis later vanaand
Soekhoek
waar jy lang verlore
geliefdes, vriende en
ou bekendes kan soek.

Ek wil inbel en vra
dat die skugter, jong meisie
met die sagte hart
en die weerlose oë
waarin duisende drome dans en
sterre skitter;
die een
met so baie liefde in haar hart

my sal kontak,
want ek soek
dringend
na myself.

(Opsie 2)

Soekhoek

Ek luister RSG.
Jacqui…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 49 gaste aanlyn

Bydrae Totale