Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Desiréé

Breekhart en eensaam …

Deur Datum gepubliseer: 16 Januarie 2019 8

terwyl jy na my gesig kyk
en dink dat jy die boodskap
in my oë verstaan
drup die trane uit my siel
wat breekhart en eensaam
v-e-r-f-l-e-n-t-e-r
voor jou staan

©desiréé
08.01.2016

Hoe sal jy ooit? …

Deur Datum gepubliseer: 15 Januarie 2019 9

ek waai my arms en roep jou naam
kyk tog na my hier waar ek staan
maar jy bly doof en siende blind
dis toe dat ek die waarheid vind

as jy nie eers my woorde verstaan nie
hoe sal jy ooit my stiltes verstaan?

12.01.2019

Al wag nodig is …

Deur Datum gepubliseer: 12 Desember 2016 13

party sê dis liefde wat gevoel versmoor
en soms ook die lem wat harte vermoor
maar vir ander is dit ‘n honger
wat die wande binne verskeur
en liefde is al wat nodig is
om ‘n hart weer kos te gee
‘n saadjie word ‘n roosknop
wat groei uit…

Afgevalle roosboomblare …

Deur Datum gepubliseer: 16 November 2016 10

in afgevalle roosboomblare
lê alleenheid afgeëts
niemand wat hul geur meer inasem
of hul mooiheid in woorde skets

soos die afgevalle roosboomblare
voel my menswees sonder jou
geen warm liefde wat oor my straal
of sagte hande wat my hart omvou

© borrels

Wie sou? …

Deur Datum gepubliseer: 26 Oktober 2016 10

wie sou jou hand kon vashou
en prentjies daarin skryf
as dit ysig koud is
hitte soek teen jou warm lyf

wie sou vir ‘n drukkie vra
elke minuut van die dag
woorde van liefde met jou praat
al is dit laat in die nag

wie sou hul arms om jou…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 149 gaste aanlyn

Bydraes – Argief