Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Benadelle

VERLANGE

Deur Datum gepubliseer: 10 Desember 2019 Hou van

Ek maak die verweerde bruin koevert
met ‘n dowwe pen-adres en datum
stadig oop.
Die seël se gom is droog en geel,
die stempel oud, maar bekend.

Ek trek die brief uit
aan een van die omkrul-hoekies.
Daars ‘n koffievlek op die buitekant.
Dan vou ek die papier oop –

VERGETE

Deur Datum gepubliseer: 10 Desember 2019 Hou van

Wanneer mis in Mei
oor die baai kom hang
bring dit weer seer verlang.

Op my onthoupad stap ek
deur honderd gisters
se soet en bitters.

Die tyd bly tuimel
sandkorrels deur vingers
minute deur ‘n uurglas.

‘n Lewensreis voltooi
kosmosse in die veld
vandag hier more weg.

SAAMLAG

Deur Datum gepubliseer: 10 Desember 2019 1

een sekonde gemeet teen die tik van tyd
een enkele noot in jou lewensimfonie
een klik van die metronoom van ewigheid
een korrel sand deur die uurglas se vloei
die seepbel van ons saamlag
splyt plotseling
toe die skoot klap
het jy soos water deur my vingers gegly
in…

Boemelpaar

Deur Datum gepubliseer: 3 Desember 2019 Hou van

Bergies speel op tromme
en rook in hul longe

Die boemelaar en boemelvrou
is ongeskik màar streng getrou
Hul slaap al jare saam n uitgemaakte bokkompaar

Hulle swerf rond soos swaels met afgekoude naels
Skrop n leplek waar hul kom
en voer dit uit van kant tot kant
met swartsakke en ou koerant
As die winde die duine…

Tsunami

Deur Datum gepubliseer: 3 Desember 2019 3

Sonder n geraas n waarskuwing
of n trompet wat blaas
Kom daar n enorme golf
wat slaan van onder.

Die wat oorleef sien die oorskot van lewe en dood
Orals gestrooi magteloos teen so massiewe krag

n Ma gryp na haar kind se hand màar hy is alreeds onder die sand

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 67 gaste aanlyn

Bydrae Totale