Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Barbara

VERLANGE

Deur Datum gepubliseer: 10 Januarie 2020 3

VERLANGE

as die maan so wasig
my gelaat afwit
so wit so wit
net soos my silwer kroon
voel ek hoe verlange
so saam met asem
deur my waai

ek neurie sag ‘n liedjie
van jare ver ver terug
en voel hoe vlerk my voete
die wysie ritmies saam
ek sluit…

AMPER SOMER

Deur Datum gepubliseer: 15 November 2019 7

Amper Somer

dis amper somer in jou lewe
so skielik word jy groot
eens sou jy op ‘n droom kon swewe
maar manword druk jou menswees dood

die wye wêreld is jou speelplek
jy weet so als van als
as donkerte jou enkels lek
staan jy so fors en vreesloos stil

ek,…

VREDE – (Silwer)

Deur Datum gepubliseer: 16 Oktober 2019 3

VREDE

vasberade loer nuwe lewe
deur die donkerste grond
stoot sy arms blaar vir blaar
soos wyd gespreide vlerke
reikend na die son
hongerig omhoog
om elke straaltjie sonskyn
gulsig op te slurp
om met ‘n helder stem
VREDE
oor die wêreld uit te roep

© Barbara Smit – 16/10/2019

Oorbegin

Deur Datum gepubliseer: 27 Julie 2019 5

OORBEGIN

die wenstreep
word ‘n doodloopstraat
wat wyd was word te nou
agter word nou voor, en voor
‘n holderstebolder agterstevoor
groot nou onbenullig niks
commonsense raak nonsens
dak word vloer en vloer gee pad
die klok versnel in agteruit-rat
‘n nimmereindegende reis
met ‘n onseker padkaart
wat nie al…

TYD IN ‘N BOTTEL

Deur Datum gepubliseer: 22 Julie 2019 2

Tyd in ‘n bottel

x
die
warmte
van ‘n huis
vol liefde, waai
heuningsoete tyd in
druppels goud en blink
bymekaar om te bewaar
in ‘n groot can fruit bottel
om eendag op ‘n reëndag
as mens jou vingers doop
in die taai-soet stroop
te smul aan soet
onthou

© Barbara…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 85 gaste aanlyn

Bydrae Totale