Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Janetta-Helena Boonzaaier

Baksjisj (Bakhande Bedel)

Deur Datum gepubliseer: 27 Maart 2017 12

Baksjisj (Bakhand Bedel)

Die jaar is op dreef en ek hoop
dat almal werk en brood op tafel het
en ek staan dankbaar
voor ons Vader as Sy kind en ontvang
Sy genade daagliks dankbaar biddend
klaar betaal verniet uit Sy Vaderhand Sy
seun se lewensbloed die hemelse kwitansie

Soos Ryp Druiwekorrels

Deur Datum gepubliseer: 26 Maart 2017 10

Soos Ryp Druiwekorrels

Soms, net soms,
druk die feesdae swaar op die gemoed
en vul dit met verlange en herinnerings
tot barstens toe vol en woorde ontbreek
tong en lippe stom van ingehoue emosie
dan wil jy saam met Queen sing
I want to break free
om uiting te gee…

Vlindersag

Deur Datum gepubliseer: 23 Maart 2017 9

Vlindersag

Ek het jou dadelik herken
en geweet jy is myne en het
my geroeste hartkamers geolie
en die deure geluidloos saggies
oopgeswaai sodat jy kan inkom
Van iewers het jy en die liefde
vlindersag ongemerk sonder luide
trompetgeskal arriveer in my lewe
as die mooiste, blinkste ster in…

Hy het sy maat gevind

Deur Datum gepubliseer: 20 Maart 2017 11

Hy het sy maat gevind

Dis volmaan en
kort kort vlieg die
donker skaduwee
van ‘n uil voor die helder
maanskyn verby en skielik
swiep ‘n vlermuis geluidloos
neer op ‘n fladderende mot,
en jy trek die kombers instinktief
stywer om die skouers en ril
by die veraf huil van…

Herfsbravade

Deur Datum gepubliseer: 19 Maart 2017 7

Herfsbravade

Die getye is besig om hul wagstaanrondtes
om te ruil en herfs het pas arriveer en
skud hande met nasomer se welkomsgroet
wat sommer totsiens sê vir die vroegherfse
flambojante kleurvolle intog en
selfvesekerde pronkery met sy najaarsblare
wat val tot volherfse blaremat…
Die flou somerson …

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

4 Lede, 151 gaste aanlyn

Bydraes – Argief