Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Anria

Net sommer

Deur Datum gepubliseer: 4 April 2018 8

Nie tyd of stilte –
nie woorde of spasie –
nie leemtes of voltes …

nee niks
ja niks

sal hoe ek oor jou voel
verander nie.

Net soos die Mavericks

Deur Datum gepubliseer: 15 Maart 2018 11

Hulle sê die verlange
spoel soos golwe
oor jou siel

dit is die alleenheid
wat jou gelukkig wees
verniel.

Die gat
wat agter gebly het
na jy weg is met my hart
is gevul met soutwater
(dit brand!)
van die trane wat nie
val oor jou nie.

Hulle sê die verlange
spoel…

Bottermes jy

Deur Datum gepubliseer: 14 Maart 2018 10

Jy is die warm mes
en ek
gevriesde botter.

Cliche
jy sny
gemaklik (gevoelloos) deur my
(weerstand)
jy oorrompel my verstand
jy besit die oorhand.

Ek belowe myself
nooit weer nie
maar kan myself
nie keer nie.

Jy het ‘n mag oor my
en ek laat (bewustelik) toe
dat jy my sny

Versprei

Deur Datum gepubliseer: 5 Maart 2018 8

Sy behoort nie
aan iemand nie.
Sy behoort nie aan ‘n man nie.
Haar siel is
fyngetrap
in stukke getrap
lank gelede
deur
baie mense

die stukkies het verpoeier en
is opgeneem
met die wind en
versprei
deur die heelal en
soms
as jy gelukkig is
kan jy van die…

Onheilspellend (soos liefde)

Deur Datum gepubliseer: 2 Maart 2018 11

Die mis het oor die berg gehang
nou-die-oggend-vroeg …
… en ek het weer na jou verlang

die mis en koue weer
het my laat wroeg
oor jou oor ons en ek was bang

(eintlik was ek net moeg)

maar ek was bang dat jy
my binnekort sal wil keer

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 88 gaste aanlyn

Bydraes – Argief