Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Annamarie

Die digter wat dig

Deur Datum gepubliseer: 3 Februarie 2020 2

Die digter wat dig

Die digter wat dig wat hy dink
sal woorde soos nektar laat klink.
Maar soet aangeplak…
o, wee – watter twak!
Die digkuns word bitter vermink.

Mooi

Deur Datum gepubliseer: 31 Januarie 2020 1

Mooi

‘n Suksesvolle skets
hang (swaar) af
van waar sy
buitelyne
lê.

En al lê ons lyne nou
lelik gegiet in swart
hét jy eens my hart
se mooi, sag omvou.

Ek
helaas
hang steeds
hopeloos te swaar
aan jou lyne vir my mooi.

©ASvdMerwe

Onaangeraakd

Deur Datum gepubliseer: 31 Januarie 2020 1

Onaangeraakd

Voel jy my ontblote siel
se diepslaapdroomgevoel?
Kon dit maar skroomloos,
minder broos,
boomreikend beur
oor blou-vêr heen
en poog om ongesproke
spreuke vas te vat
om aan ons grense te verleen.

Want my hart smag
die holte van jou palm.
Maar daar is spasies
wat tussen ons talm:
tegelyk tasbare storm en kalm’.

Vóél jy my wag?

 

©ASvdMerwe

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 46 gaste aanlyn

Bydrae Totale