Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Amanda

Die wilde perde van Aus (Silwer 1023 woorde)

Deur Datum gepubliseer: 26 Oktober 2020 1

“Amanda”.
Ek wip soos ek skrik. Die klein figuurtjie staan hand in die heup langs my tafel.
“Ek wil toesluit, jy sit al heeldag hier en dagdroom.”
Sy skud die sleutels om haar misnoë te wys. Dagdroom se dinges. Ek gaan wraggies nie die verlate vlaktes in sonder om…

Dryfhout uit die stormsee – Silwer

Deur Datum gepubliseer: 22 Oktober 2020 1

uitgespoeg op korrelsand
weerloos teen die son
dor verbrand alleen
moeg geveg teen die klotsing
op die rotse en die strand
dryfhout nikswerd stukkende mens
tog kan daar met aandag
uit ‘n kunstenaar se hand
‘n liefdesoffer genereer
sal die uitspoel weggooi dryfhout
in nuutskepping floreer

Ouma Stienie en die lockdownbier (Silwer 490 woorde)

Deur Datum gepubliseer: 14 Oktober 2020 3

Ouma Stienie se bottel Apostelwyn het ook al bodem gedroog Niemand het voorraad nie. Wie het nou kon dink dat die kluisenaarsbestaan so lank gaan duur. Die drankkabinet het nog nooit so elendig gelyk nie. Dis toe net daar wat die appel en die suurdeeg ‘n besonderse…

Oorgawe in ekstase Silwer

Deur Datum gepubliseer: 28 September 2020 3

ek verdrink in dieptes van blou safiere
wat kolkmaal en skuimend teen my aanslaan
met grypende vingers my aftrek na die donkerte
wat uitlokkend smeulend op my wag

ek verdwaal in jou doolhof van genot
terwyl honderdduisend musiekante tuimelende
crescendos witgolwend oor my uitspoel
my wese met dawerende applous vul

ek gee oor en smelt die laag…

My land, my lewe, my liefde Silwer

Deur Datum gepubliseer: 23 September 2020 2

Ek ruik die rooi in die grond van my vaderland
terwyl die son oor die veld en die horison brand
en kwagga en wildebeest stof opskop in die Namib
luister ek na die grys kwêvoël se gesanik
en oor die kranse en klowe
word ‘n nuwe dagbreek belowe

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 39 gaste aanlyn

Bydrae Totale