Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Alet

My stilte – Opdrag 8

Deur Datum gepubliseer: 31 Augustus 2018 4

Opdrag 8

Stilgedig
Gedig bestaan uit 7 reëls
Die woord stil (in enige vorm) verskyn in elke versreël
Daar moet van ten minste een vorm van beeldspraak gebruik gemaak word
Emosie moet in die gedig weerspieël word

My stilte

koue stilte kom lê binne my
dof donker breek my hart stil-stil
en…

‘n gedagte (Opdrag 7)

Deur Datum gepubliseer: 23 Augustus 2018 3

n gedagte (Opdrag 7)

stadig omvou jy my beskermend
silhoeëteer ek jou vlindersag
en kreukel ek jou lyne vir ‘n flenterfyn glimlag
wyl jy my hitte proe (smeulend)
in pers fluister jy jou liefde smagtend
karteer jy my kontoere sonder krag
en voel ek fosforperde in jou lag
huiwerend     soekend     wagtend

Mio amato (Opdrag 6)

Deur Datum gepubliseer: 16 Augustus 2018 4

Mio amato (Opdrag 6)

Jy wasem my met ‘n sagte lentebries tot geboorte

ek wil skugter om jou vou
en skaamteloos nakend in reënbooggloed
jou minnaarslied triomfantlik hoor

ek wil ons blanko blad
met baldadige kleure verf
en sorgvry skilder
aan ons verhaal

ek wil met bevryding
jou op my laat tatoeëer
en…

Broosalleen (Opdrag 5)

Deur Datum gepubliseer: 7 Augustus 2018 4

Broosalleen (Opdrag 5)

Sommer so
sonder ‘n groet
is jy weg
en
ek
is
brokkelbroos

vergeet-my-nietjies en trosse reënblomme
tuimel in my hart se storms
emosieblare…

Gesigloos – Opdrag 4

Deur Datum gepubliseer: 1 Augustus 2018 4

Gesigloos (Opdrag 4)

jou onthou het afgesplinter soos skaafsels
en jou woorde het gaan lê in ‘n (stil)prent
getalle het skuilgegaan in verdwaalde syfers
met frustrasie wat dans in jou oë
onthouloos noem jy my naam
voor jy neskry in gister se gister
jou onthou het afgesplinter soos skaafsels
in…

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 135 gaste aanlyn

Bydrae Totale