Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Adele Theron

die skulpie vertel

Deur Datum gepubliseer: 8 Desember 2018 5

die skulpie
vertel ‘n seeverhaal
hulle het in die
vlak golfies gestaan
haar arms styf
om sy ruwe lyf
sy oë dwingend
na haar volryp mond
trane het gerol
oor haar bloswange
en agter hulle
stil die berg se hange
die grou van sy oë
weerkaats die onrus van…

Saluut!

Deur Datum gepubliseer: 8 Desember 2018 4

’n Kis word by ons
verby gedra …

Dis wanneer ek my gedagtes,
daardie van lank gelede,
uit my hart gaan haal
in ‘n vlag toedraai
en oor jou spore neerlê

ek verwoord ons saamwees,
stof die langste aande
se stories effens af,
onthou hoe ons
gedemp moes fluister

ek klim van…

Tetactrys Struktuur

Deur Datum gepubliseer: 12 Oktober 2018 4

Tetactrys Struktuur

waar
reënbui
drupsgewys
skitter-skater
vind juigend die velde vol graspolle

verlustig in die reënboogbelofte
rotslikkewaan
klipdassies
spreeu en
duif

©adéle

As hoop wegraak

Deur Datum gepubliseer: 4 Oktober 2018 5

Die weervoorspelling gee vooruitsigte waarop ons net kan hoop. Ja, reën vir die droë weivelde. Maar, as ons nie kan hoop nie … dis dan ‘n derde van ons innerlike emosies. Is geloof, hoop en liefde nie deel van ons lewe nie? Maar as ons een daarvan verloor, wat…

Arme vyfsent

Deur Datum gepubliseer: 4 Oktober 2018 2

Arme vyfsent (Villanelle)

‘n Vyfsent lê daar op die kas.
Sy dae is getel, sy waarde verlore.
Hulle word gestuur na die argief.

Vir die teller is hy ‘n las,
om te betaal is hom nie beskore.
‘n Vyfsent lê daar op die kas.

Geen aansien meer in eersteklas,
bokse vol…

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 117 gaste aanlyn

Bydrae Totale