Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Acousticsmile

SINKPLAATRIFFELS

Deur Datum gepubliseer: 20 Maart 2016 14

Sinkplaatriffels

die ander aand se mooi-kyk van jou oë
het verby alles gekyk en slegs in my geglo
die wêreld uitgesluit om my in te sluit
daardeur jou beeld in my kop uit kom kap

Koor
vanuit die sinkplaatriffels van die grondpad-pad
en die soetgeur bly, laat dit by my bly
want in my soeke na onbeantwoorde…

Klein Karoo

Deur Datum gepubliseer: 17 Maart 2016 13

Klein Karoo

oopgeslinger lê die vêr vlaktes van die Klein Karoo
al wat oorbly is aardse eerlikheid en jou altydgeloof
kneukelvas staan spatsels gyl ghwarriebosgroen
krudorings en diksappig fynbosblaar deur wortelskroef versoen

klipdekades gelede is jou wydheid só gekompak met plat
rotslaag na laag verleen vorm aan…

GEE VIR MY JOU HALLO

Deur Datum gepubliseer: 14 Maart 2016 15

Gee vir my jou hallo Acousticsmile Didi Cornelissen © 2006 SAMRO Reg # C3243700
(Soms wil jy hê dat iemand moet bly, tog moet hy of sy gaan.) (Capo on fret 1)

Gee vir my jou hallo
Hou eers jou totsiens
Sê vir my weer hallo
Wie hou dan van koebaai

Waar is dan jou…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 97 gaste aanlyn

Bydraes – Argief