Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: skoon

Deur Tearlach
Datum gepubliseer: 10 Januarie 2019 Aantal woorde: 69 280 Kere gelees 1

vandag is die water skoon
die hengelaars probeer nie eers nie
my ou vriend van agterbaai gooi sy net
maar sleep dit leeg uit die kalm golwe uit
gewoonlik is sy net gedek met hotnotsvis
bietjie verder van die strand is daar voëls
miljoen van hulle wat op die water sit
hulle duik en vreet aanmekaar
soos bewegende kombers
rollend oor golwe
en gillend van
plesier

©Teárlach




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 641
Kommentaar telling: 100

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 84 gaste aanlyn

Bydrae Totale