Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: skoon

Deur Tearlach
Datum gepubliseer: 10 Januarie 2019 Aantal woorde: 69 21 Kere gelees 1

vandag is die water skoon
die hengelaars probeer nie eers nie
my ou vriend van agterbaai gooi sy net
maar sleep dit leeg uit die kalm golwe uit
gewoonlik is sy net gedek met hotnotsvis
bietjie verder van die strand is daar voëls
miljoen van hulle wat op die water sit
hulle duik en vreet aanmekaar
soos bewegende kombers
rollend oor golwe
en gillend van
plesier

©Teárlach




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 437
    Kommentaar telling: 51

    INK E-formaat tydskrif

    Gebruikers Aanlyn

    2 Lede, 102 gaste aanlyn

    Bydrae Totale