Jongste aktiwiteit:

skitterend nuut (Engelse sonnet)

‘n jong ster begin groei
in ligjare *nebula wat verwit
waar goue wolke gloei
soos die rykheid op *singe son sit

al die elemente word in een liggaam
tot selfs die mindere en so straal
dat die rooi kwikmeter styg en saam
stilweg in die helder lig verdwaal

het ‘n nuwe flikkerlewe verskyn
uit die dooie ster wat verdof
en glans glimlag sonder pyn
in die donker heelal se kernstof

o Heer, mag elke dag in genade minuut
my teer vorm uit ou wonde tot skitterend nuut

Kopiereg: Roeline van Schalkwyk

*nebula: wolke wat uit klomp organiese molekules bestaan en dit is waar die nuwe sterre gebore word

*singe: verkorting van singende




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed