Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Skimme in die nag

Deur Palet
Datum gepubliseer: 10 Mei 2019 Aantal woorde: 1154 187 Kere gelees 2

Dit is volmaan en ’n half grillerige atmosfeer daal op die plaas neer. Maryna Marais besoek haar oorlede pa se broer na tien jaar, vir die eerste keer weer. Sy sit by ‘n flouerige lamp en lees ‘n storie boek wat sy in die studeer kamer gekry het, haar oorlede tannie Thelma was baie lief vir lees. Haar tannie was ook ‘n skrywer, sy onthou nog toe sy ‘n tiener was hoe het sy haar boeke verslind. Skielik blaf die honde buite dit is al oor middernag, sy loer tussen die gordyne deur, en sien hoe ‘n donker figuur na die stal toe verdwyn. Duidelik ken die honde nie die persoon nie, so erg blaf hulle. Die volgende oggend vra sy haar oom of hy ook die honde hoor blaf het deur die nag.

“Ek het hulle gehoor Maryna, dit is sommer niks seker ou Moses wat sy rondtes gedoen het. Hulle hou nie van die ou skepsel nie, seker sy donker jas en hoedjie wat hulle afskrik. Moses werk al jare op die plaas, ‘n getroue arbeider en harde werker. Hy loop gewoonlik in die nag rond, sukkel glo om te slaap.

”Dit is ‘n kouerige dag, die wind waai woes hier op die vlaktes, Maryna trek haar warm jas aan, en gaan ry dan ‘n ent op Vonk. Sy lief perd ry, mens ervaar die ritme van die natuur, en die beste manier om die omgewing te waardeer. Op die hoogste randjie kom sy tot stilstand, en tuur oor die vlaktes uit. Sy kan vir ure net so sit, die stilte en die sonsondergang is dinge wat sy mis in die stad. Sy gaan sit op ‘n groot klip, en trek die vars plaaslug diep in haar longe in. Geen skadu’s vertroebel die lug, en die wye uitsig nie. Sy kyk na die plaashuis wat beskut lê tussen bome, die plaashuis is pragtig en die uitsig oor die Karoo-vlaktes nog beter. Daardie laning op Karee spruit en die naam, het eens op ‘n tyd uit geroep na besoekers en smouse …

Sy weet hoe vinnig verdwyn die son se hitte uit hierdie swart leiklippe, in die nag word dit bitter koud hier. Dit is bevrydend om so op die vlakte te staan en dink. … In die stilte begin sy nou die vaal vlakte voëltjies hoor, en die insekte. Die stilte en pragtige plaas staproetes, en swem in die rivier is onbeskryflik lekker gewees! onthou sy toe hulle kinders was. Sy en haar broer het gereeld hier kom kuier vakansietye, ‘n Stukkie oasis in die Karoo, vriendelike, mense-mense, waar jy rustige vrede vir jou siel vind.

“Mŏre nonnie,” groet Moses haar beleef toe hy langs haar stop met sy perd.

“Dagsê Moses,” groet sy vriendelik terug.

Hy praat nie baie nie, ietwat teruggetrokke. Sy kan nie help om ook hom nie heeltemal te vertrou nie, hy kyk haar nie in die oë wanneer sy met hom praat nie. Dis al middag toe sy terugry na die plaashuis, haar oom wag haar in by die stal, en help haar van die perd af.

“Ek’t gewonder waar bly jy so lank weg, middagete is gereed ek is al dood honger, jy ook seker. Gaan sit solank aan die tafel ek’s nou daar, help jou gerus al’s is in die potte op die koolstoof.

“Hy’t ‘n heerlike kerrie lamsbredie gemaak, die reuk van die kos is heerlik. Die porsies is Karoo-ruim, en daar is altyd skaapvleis op die spyskaart. Aan tafel is haar oom stil, hy eet ook min.

“Is al’s reg oom?” vra sy na ‘n ruk.

“Ek’s bekommerd Maryna, iets pla my. Ek’t agter gekom dat Moses vir my jok. Ek vertrou hom, maar daar is ‘n slang in die gras. Vanoggend toe ek langs die kamplyn ry sien ek ‘n yslike gat in die draad. Moses is veronderstel om elke oggend daarlangs te ry, en te kyk dat al’s reg is. Hy’t vir my gesê al’s is reg, en toe kry ek die gat in die draad. Dit lyk na ‘n groot opening, waardeur mense kan kruip, daar was ook ‘n klomp spore aan die anderkant.”

“Dit klink nie reg nie oom, wat gaan om nou maak?”“Vir eers gaan ek net stilbly, wil nie onnodige spoke opjaag nie, ek sal self vanaand gaan kyk en dophou wat daar gebeur. Ek sal in die koppie wegkruip, ek wil hê jy moet my te perd daar gaan aflaai net so voor sonsondergang.

”Daardie aand kan Maryna niks slaap nie, sy’s baie bekommerd oor haar oom alleen daar iewers in die donker. Hy het haar vroeër ‘n boodskap op die selfoon gestuur dat alles nog stil is, dis nou al vier ure later. Na twaalf loop Moses weer op die werf rond, dan sien sy hom op sy perd wegry. Dis vreemd wonder sy so by haarself, die tyd van die nag waarheen sal hy gaan? Sy stuur vinnig vir haar oom ‘n boodskap oor die nuwe verwikkelinge. Die volgende oggend vroeg gaan haal sy haar oom, sy sal graag wil weet wat hy uitgevind het.

“Wat ‘n lang nag, maar ek het my antwoorde gekry, Moses is besig met skelm onderhandelinge hier op my plaas, daar was ‘n paar ruiters te perd wat hom by die gat in die draad ontmoet het. Ek kon nie mooi sien, maar dit lyk soos geld wat hulle vir hom gegee het. Ek het ‘n vermoede hy smous iets vir hulle onwettig, ek sal nog uitvind wat dit is.”

“Jinne oom, dit klink mos gevaarlik, maar ek is bly oom is nou op hulle spoor. Ek het van die begin af nie van Moses gehou nie, iets omtrent hom sit my af, hy het so skelm kyk in sy oë.”

“Ek kan nou verstaan waarom die honde nie van hom hou nie, vandat hy hier begin werk het blaf hulle vir hom. My oorlede vrou het my ook gewaarsku maar ek wou nie luister nie, hy is ‘n goeie werker nooit gedink hy sal so skelm kan wees nie. Intussen gaan ek ‘n strik vir hom stel, ek moet al my feite agtermekaar hê voor ek hom by die polisie aangee. Ek wil hê jy moet vanaand ‘n foto van hom neem wanneer hy te perd weer hier wegry, ek gaan vandag dorp toe en sal konstabel Verster vra om saam my vanaand hulle inte wag by die draad.

”Moses en sy trawante is daardie nag vasgetrek, hulle het gesmokkel met ongeslypte diamante en goudstof. Dit is ‘n bende wat hulle self ‘ Die groen mamba’s’ noem. Die polisie ondersoek die saak, en is nou agter die sindikaat aan. Daar is ‘n sterk vermoede dat daar polisiebeamptes ook betrokke is. Almal is gearresteer, en ‘n paar jaar tot tronkstraf gevonnis, en alles het begin vandat Moses kwansuis nie meer in die aande kon slaap nie.




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    10 Mei 2019

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2019 projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 350
Kommentaar telling: 349

Waar die see en die horison ontmoet, sal die gedruis van die oseaan in die suis van die wind stil raak.. Dis hier waar my drome my woorde in die binnekant van my siel kom lӗ  

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 76 gaste aanlyn

Bydrae Totale