Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Skeppende kunste

Deur Palet
Datum gepubliseer: 15 Mei 2019 Aantal woorde: 364 39 Kere gelees 2

Rame is vir baie mense maar net iets om ‘n foto in te sit, of om ‘n skildery te raam. Dit kan baie betekenisse hê, dit is ‘n reis terug na die verlede soos gister se vensters wat oopgaan. Wanneer mens spesiale plekke besoek, veral met vakansie is dan tel ek gewoonlik allerhande goedjies op van klippies, skulpe, enige iets wat sentimentele waarde het. Vir sommiges sal dit van geen belang wees, maar sal wel die oog lok.

Die lewe is so gejaag, dat mens vergeet wat is plesier. Ek het deesdae weer die belangstelling om die tuin mooi te maak, dit is baie ontspannend. Dit lok meer skoenlappers en voëls, selfs duiwe begin in ‘n stil hoekie nes te maak. ‘n Klein tuin het min werk en lyk altyd baie vrolik, groot tuine verg baie aandag en tyd. Daar is geen verskoning dat jou tuin nie ‘n greintjie mooi en groen kan geniet nie, en nie net een enkele blom in ‘n blompot nie. Tuinmaak is een van die beste vorm van terapie, so hou op verskonings maak en kry jou tuin mooi!

Kuns is ‘n lekker manier om iets te skep, dit gee uiting aan gevoelens. Daar is vele vorms van kuns:

• Skilder
• Beeldhou
• Sang
• Dans
• Toneelspel
• Fotografie
• Musiek

Deur middel van kuns kommunikeer mens met ander deur gevoel, ervarings en gewaarwordings. Die enigste werklike maatstaf van kuns is eerlikheid, dit is ‘n spieëlbeeld van die siel waarin mense hul eie swakhede, kragte, omstandighede en so meer weerkaats. Kuns is leersaam en opvoedkundig, en mag nooit prekerig of pedanties word nie. Dit moet ‘n situasie uitbeeld, en altyd die toeskouer toelaat om sy/haar eie gevolgtrekkings te maak. Kuns moet altyd vermaak, en sy toeskouer emotioneel aanraak.

Daar is so baie maniere om jouself uit te kan leef, dinge te doen wat jou gelukkig laat voel. Wanneer jy weer negatief voel gryp die gedagte vas, en gooi dit by die venster uit. Enige vorm van kuns bring jou beste eienskappe na vore, dit vertel ‘n mooi storie oor jouself. Wanneer jy weer so leeg-voel-kardoes gevoel kry, loop singend in die huis, of gryp jou tuinvurk en tower jou tuin op…




  • TEMAS
    3 Kommentaar
    1. Anze

      Mei 15, 2019

      Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2019 projek

    2. Ano

      Mei 17, 2019

      Elke mens is n kunstenaar op een of ander manier, al is nie almal se talente dieselfde nie.

    3. Palet

      Mei 17, 2019

      Dis waar, dis hoe mens dinge sien

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 333
    Kommentaar telling: 343

    Waar die see en die horison ontmoet, sal die gedruis van die oseaan in die suis van die wind stil raak.. Dis hier waar my drome my woorde in die binnekant van my siel kom lӗ 

    Gebruikers Aanlyn

    2 Lede, 2,845 gaste aanlyn

    Bydrae Totale