Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: skemer wense (BRONS)

Deur Marlene Erasmus
Datum gepubliseer: 30 November 2020 Aantal woorde: 101 122 Kere gelees 4

in sagte skemer smag my siel na jou
en stuur my hart seine uit soos
Cupido-pyle soekend na sy skyf

jy rondomtalie my met jou potblou oë
skoppelmaai my deur jou drome
soos kindjie klein vermaak jy my
met stories en verhaaltjies oor
die reis waarop ons sal wandel

ek mis die lyne van jou lyf
die goue glimlag op jou gesig
as ek toevousag teen jou kon lê
ek wens ek kan jou nog vashou
en vir ure in jou blou oë swem

as ek maar net nog een keer aan
die smaak van ons samesyn kon smul

©Marlene Erasmus
30/11/2020




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    1 Desember 2020

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2020 – Samesyn-projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 63
Kommentaar telling: 4

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 89 gaste aanlyn

Bydrae Totale