Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Skedelkus

Deur Estelle
Datum gepubliseer: 29 Maart 2018 Aantal woorde: 99 499 Kere gelees Hou van

in ‘n oer en vreemde land
op ‘n afgeleë verlate strand
soekend na vergane skepe
– net nog dryfhout in die sand –
skedel skulp en seewier in die son
kaats lig in pers en perlemoen
en aan ‘n soutlagune se soom
lê die karkas van ‘n kormorant

waar heuwels teen die blou lug welf,
in golf en lyn en kleur vervloei
word klip en rots en bleker sand
‘n skeidslyn aan die horison
in hierdie groot verlatenheid
waar wind en see my siel wil sus
hier vind ek vrede, vind ek rus
in die stilte van die skedelkus




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    31 Maart 2018

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2018 – Digkuns projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 113
Kommentaar telling: 70

Gebruikers Aanlyn

4 Lede, 100 gaste aanlyn

Bydrae Totale