Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Sing jy van blomme

Deur Palet
Datum gepubliseer: 21 Junie 2017 Aantal woorde: 64 202 Kere gelees 3

Jou glimlag kwyn saggies weg
die weӫmoed in my hart huil
fluister in die rooi skemerduister
tot net die weerklank oorbly

Kantel die son om
en om die stingel van ‘n blom
sag val doudruppels trane
op sy verlepte blare

Hy bloei in goue strale- en stadig …
voel hy hoe genade deur hom vloei
‘n veldblom wat groei
tot U eer O Heer




  • TEMAS
    1 Kommentaar
    1. Anze

      Junie 22, 2017

      Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie FAK projek

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 264
    Kommentaar telling: 310

    Waar die see en die horison ontmoet, sal die gedruis van die oseaan in die suis van die wind stil raak.. Dis hier waar my drome my woorde in die binnekant van my siel kom lӗ  

    Gebruikers Aanlyn

    3 Lede, 117 gaste aanlyn

    Bydrae Totale