Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: *Sing jy van Blomme

Deur Marisa J. Labuschagne
Datum gepubliseer: 13 Junie 2017 Aantal woorde: 135 1043 Kere gelees 13

In ‘n Josefskleed aangetrek
kort na die eerste reën,
van Spektakelberg
tussen Springbok en Kleinzee
tot ver verby die Oranjerivier se draai,
slier jou blommetuin laatmiddag
heen en weer in die lentebries.

‘n Stofstreep lê agter die donkiekar
wat skud, skud sukkel oor die jakobjollie in die pad.
As jy ver kyk sien jy springbok,
of ‘n windpomp wat draai.
Kyk jy naby sien jy vlinders wat vrolik
in die oggendson tussen geel en pers
en rooi en pienk vir die werêld flikkers gooi.

Van Kammieskroon tot Garries,
regoor Kammiesbergpas. Net waar jy kyk,
soos Eden is jy in jou blommejas.
Ek wonder: Sing jy van blomme? Of sing jy oor haar,
daar waar sy sorgeloos in jou skoonheid baljaar?
Kaalvoet, stowwerig en sorgloos sing sy.

Sing jy oor die bloeisels in haar?




TEMAS
5 Kommentaar
  1. Okatopi

    13 Junie 2017

    Pragtig 🙂

  2. Viooltjie

    13 Junie 2017

    Pragtige gedig, Marisa. Baie goeie werk 🙂

  3. Anze

    14 Junie 2017

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie FAK projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 28
Kommentaar telling: 22

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 101 gaste aanlyn

Bydrae Totale