Jongste aktiwiteit:

Simfonie van die Môrewind

My hart roep na jou
in die nag se stil
as die maan laag hang,
en in die helder dag
wanneer die son oor
die horison struikel
en sy strale voetpad vat
teen die stylkrans af
wyl die mis nog sag
in die leegtes damlê

en sy roep weerklink
deur die klowe langs
oor die vlaktes wyd
oor oseane heen
tot jou hart se roep
my hart s’n vind
en die twee saamdans
op die simfonie
van die môrewind…

©Anton Bosch 18/03/2019




1 Kommentaar

  • See-Jay-El

    Die beelde wat in hierdie werk gebruik word skep 'n atmosfeer van wydheid of uitgestrekheid. Dit plaas die aksent op die spreker se verlange na die pas hart wat met sy moet dans. Dis 'n diep verlange wat deur die nag en dag oor berge en klowe en oseane soekend en wagtend is. Daar is 'n sagte subtiele suggestie van 'n strompelende, struikelende liefde wat half huiwerend is om openbaar of verklaar te word, asof dit wagtend is op die ander pas hart om die van die spreker te vind. Dis 'n wonderlike stuk werk wat ryk verbeeld word. Die emosies wat hierin verskuil is, laat mens terugkeer (soos ek reeds 'n paar keer gedoen het) om dit weer opnuut te beleef. Hierdie is werklik 'n UITSONDERLIKE stuk. Nuut en vars en baie anders!!

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed