Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Semelkop

Deur Denise van Rensburg
Datum gepubliseer: 9 Junie 2018 Aantal woorde: 54 366 Kere gelees 2

Metafore aborteer
en beeldespraak die kantel.
Verfynde taaltegniek ten spyt
begin woordbravade wankel.

Ek transponeer my liefdeslied
na toonleer van gewoon
en voel my minnesang ontaard
in bloot net nog `n kloon.

My lyf se tango minag jy:
ons dans die struikel… stop.
En hier sit ek weer, oudsgewoon,
voor jou deur en klop.




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    11 Junie 2018

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie 2018 – Poëtiese orde projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 10
Kommentaar telling: 13

As `n mens, soos ek, in die skaduwee van die Taalmonument bly, is skryf seker verpligtend...of hoe? Ek skryf hoofsaaklik kindergedigte, maar eksperimenteer graag met prosa en volwasse poësie. Ek sit brood op my tafel deur as vertaler en proefleser vir verskeie akademiese uitgewers te werk .

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 61 gaste aanlyn

Bydrae Totale