Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Seisoenaal (Silwer)

Deur Charleine
Datum gepubliseer: 27 Junie 2019 Aantal woorde: 64 127 Kere gelees 2

Die wind gryp jou lag
wat dwarrel om ‘n boom
en sy drag oor ons strooi –
dis ‘n kwiltland
met blaar en bloeisels
getooi!

Jou lag wapper aan
met die punt van jou serp –
blinkoog,
kersieneus
en skielik somermooi!

Jy lag deur my gees
en besweer
soos menig ander keer
‘n herfshart se waan
en kille wintervrees…

Charleine Collins © 13 September 2018
Foto: Gerrie Germeshuizen © Junie 2019




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    27 Junie 2019

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie 2019 projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 91
Kommentaar telling: 39

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 156 gaste aanlyn

Bydrae Totale