Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Seisoenaal

Deur Driekie
Datum gepubliseer: 10 Augustus 2020 Aantal woorde: 92 88 Kere gelees 3

ek was jonk en vry
het in die lente
waaghalsig rinkink
kommerloos en dartelend
gesystap elke stormwind

om met volheid van somer
tot volwassenheid te groei
drome gejaag, potensiaal bereik
uit vrug saad geskiet
waarmee ek trots pryk

met taan van groei
is my hande deur herfs geboei
laag vir laag my menswees geskil
om naak, van inhibisies gestroop
my weerloosheid te onthul

en nou, in die winter
smag ek na rus en stilte se vrede
wetend dat saad geproduseer
seisoenaal hul eie siklus volg
terwyl ék – stelselmatig disintegreer

©Driekie Grobler




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    10 Augustus 2020

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2020 – OOP projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 48
Kommentaar telling: 123

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 37 gaste aanlyn

Bydrae Totale