Jongste aktiwiteit:

sedepreek

een dag so lank geleë
in ons kerk in die noorde
was dit effens warmer as gewoonlik
en dominee wou darem wys hy kan aanhou
oom ouderling van boom het altyd voor gesit
telkens ingekom en eerste sy baadjie uitgetrek
sy das reg getrek en dan gaan sit en sy oë gesluit
hy was al ‘n instelling met sy ritueel in die kerk
altyd betyds, en altyd dieselfde gewoonte
hierdie dag het hy na ‘n uur se preek
hardop begin snork soos hy slaap
dominee wou hom nie aanspreek
maar kan hom ook darem nie los nie
toe begin hy maar sulke skimpe gooi
terwyl hy aanhou met sy elle lange preek
telkens as dominee so na oom ouderling kyk
en sy woorde baie naby aan hom kom, skuif hy
dan slaap hy verder – dominee het later hardop gesê:
“die ouderling wat so sit en snork, moet asseblief ontwaak”
skielik spring oom ouderling van boom regop soos ‘n kers
en sê: “dominees! Wat wil jy met my neke?
Gaat jy aan met je preke!”
dit was ook die einde
van die diens

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed